Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 20:4-8 Die Boodskap (DB)

4. Hierna het daar oorlog teen die Filistyne in Geser uitgebreek. Sibbekai die Gusatiet het vir Sippai, ’n Refaïet, verslaan en die Filistyne is ook onderwerp.

5. In nog ’n geveg teen die Filistyne het Elganan, Jaïr se seun, vir Lagmi, Goliat se broer uit Gat, verslaan. Lagmi se spies se steel was so dik soos ’n weefstoel se dwarsbalk.

6. Daar was weer ’n geveg in Gat. Een van die vegters was ’n Refaïet van geboorte. Hy was groot en het ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet gehad, altesaam 24.

7. Hy het die Israeliete getart, maar Jonatan, die seun van Dawid se broer Simea, het hom doodgemaak.

8. Hulle was almal Refaïete van Gat wat deur Dawid en sy manskappe doodgemaak is.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 20