Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 13:8-14 Die Boodskap (DB)

8. Dawid en al die Israeliete was uitbundig van vreugde. Hulle het onder begeleiding van liere, harpe, tamboeryne, simbale en trompette gesing en gedans.

9. Toe hulle by die dorsvloer van Kidon kom, het dit gelyk of die osse struikel. Ussa het sy hand uitgesteek om te keer dat die ark afval.

10. Dit het die Here woedend gemaak en Hy het Ussa net daar laat dood neerslaan, omdat hy aan die ark gevat het. So is hy daar, in God se teenwoordigheid, dood.

11. Dawid was baie ontsteld dat die Here dit met Ussa gedoen het. Hy het die plek toe Peres-Ussa genoem. Dit beteken “’n bres teen Ussa” en dit is vandag nog die plek se naam.

12. Na die gebeure was Dawid bang vir die Here. Hy het gewonder: “Hoe kan ek die verbondsark van God ooit onder my sorg bring?”

13. Hy het die verbondsark toe nie saamgeneem na die Stad van Dawid nie, maar dit in die huis van Obed-Edom in Gat laat stoor.

14. Die ark van God is toe vir drie maande lank in Obed-Edom se huis gestoor. In dié tyd het die Here vir Obed-Edom en alles wat syne was, geseën.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 13