Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 13:3-9 Die Boodskap (DB)

3. Dis tyd om die verbondsark van God te gaan haal, want ons het dit in Saul se tyd verwaarloos.”

4. Die hele vergadering het saamgestem, want hulle het besef dit is die regte ding om te doen.

5. Dawid het toe al die Israeliete van oor die hele land byeengeroep om die verbondsark van God van Kirjat-Jearim af te gaan haal.

6. Hulle is toe almal saam na Baäla in Juda toe, dit is Kirjat-Jearim, om die ark van God terug te bring. Die ark dra die titel: “Die Here wat bo die hemelwesens troon.”

7. Hulle het die ark van God op ’n nuwe wa van Abinadab se huis af vervoer. Ussa en Agjo was die wadrywers.

8. Dawid en al die Israeliete was uitbundig van vreugde. Hulle het onder begeleiding van liere, harpe, tamboeryne, simbale en trompette gesing en gedans.

9. Toe hulle by die dorsvloer van Kidon kom, het dit gelyk of die osse struikel. Ussa het sy hand uitgesteek om te keer dat die ark afval.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 13