Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 12:25-39 Die Boodskap (DB)

25. uit die stam van Simeon: 7 100 soldate, gereed om oorlog te maak;

26. uit die stam van Levi: 4 600 soldate;

27. asook Jojada, ’n leier uit die familie van Aäron met 3 700 man by hom

28. en Sadok, ’n jong, strydlustige soldaat met 22 familielede wat almal offisiere was;

29. uit die stam van Benjamin, Saul se stamgenote: 3 000. Die meeste van hulle het tot in hierdie stadium getrou gebly aan Saul.

30. Uit die stam van Efraim: 20 800 soldate, gereed om oorlog te maak. Hulle was beroemd in hulle familie.

31. Uit die halwe stam van Manasse: 18 000 soldate wat spesifiek aangewys is om Dawid te kom koning maak.

32. Uit die stam van Issaskar: 200 leiers met al hulle familielede onder hulle bevel. Hulle was mense wat neigings en rigtings met wysheid kon beoordeel en kon aanbeveel wat Israel moes doen.

33. Uit die stam van Sebulon: 50 000 soldate wat goed toegerus was en gereed was om oorlog te maak. Hulle was volkome lojaal aan Dawid.

34. Uit die stam van Naftali: 1 000 bevelvoerders met 37 000 man, almal toegerus met skild en spies;

35. uit die stam van Dan: 28 600 gewapende soldate;

36. uit die stam van Aser: 40 000 gewapende soldate, gereed om oorlog te maak.

37. Van oorkant die Jordaan af was daar uit die stamme van Ruben, Gad en die halwe Manassestam 120 000 soldate, almal toegerus met hulle wapens.

38. Al hierdie soldate was in volle gereedheid en het na Hebron gekom met een doel voor oë: om vir Dawid koning oor Israel te maak. Trouens, die hele Israel het saamgestem dat hulle Dawid as koning wou hê.

39. Hulle het drie dae lank saam met Dawid geëet en gedrink, want hulle volksgenote het die fees vir hulle voorberei.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 12