Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 5:1-4 Die Boodskap (DB)

1. Koning Hiram van Tirus was altyd ’n goeie en getroue vriend van Dawid. Toe hy hoor dat Salomo sy pa opgevolg het, het hy ’n groep ambassadeurs Jerusalem toe gestuur.

2. Salomo het ’n boodskap van dank aan Hiram gestuur en ook die volgende vir hom gesê:

3. “Soos u weet, het my pa altyd teen die omliggende volke oorlog gemaak. Omdat hy eers al hierdie volke moes oorwin, was dit nie vir hom moontlik om vir die Here sy God ’n tempel te bou nie.

4. Met my gaan dit baie goed, want daar is oral vrede. Op die grense van die land is dit rustig; daar is geen gevaar van enige vyand nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 5