Ou Testament

Nuwe Testament

Titus 2:7-9 Die Boodskap (DB)

7. Wat jou betref, jy moet in alles wat jy sê en doen ’n voorbeeld stel van hoe ’n Christen behoort te leef. Doen goed aan ander mense.

8. Maak God se wil op die regte manier bekend. Tree altyd met integriteit op. As jy sorg dat alles wat jy sê in ooreenstemming is met God se wil, sal selfs jou vyande niks leliks teen ons geloof kan sê nie.

9. Praat ook met werkers en diensknegte wat vir ’n eienaar werk. Sê vir hulle hulle moet respek vir hulle eienaars hê. Hulle moet al die opdragte uitvoer wat aan hulle gegee word. Hulle moenie teëpraat nie.

Lees volledige hoofstuk Titus 2