Ou Testament

Nuwe Testament

Titus 2:2-7 Die Boodskap (DB)

2. Verduidelik vir die ouer mans dat hulle nie mag toelaat dat die sonde hulle aan die slaap sus nie. Hulle moet so leef dat ander mense groot respek vir hulle het. Hulle moet met wysheid optree. Hulle moet onwankelbaar in die Here glo, sy liefde uitleef en volhard op die regte pad.

3. Praat ook met die vroue in die kerk wat al ouer is. Sê vir hulle dat hulle lewe moet wys dat hulle die Here ken. Hulle mag niks leliks van ander mense sê nie. Hulle mag ook nie te veel drink nie.

4. Hulle moet ander gelowiges leer wat God van hulle verwag, veral vir die jonger vroue. Hulle moet vir hierdie vroue sê dat hulle baie lief vir hulle mans en kinders moet wees.

5. Verder moet hulle ook vir hulle leer om met wysheid op te tree en om hulle nie aan buitehuwelikse verhoudings skuldig te maak nie. Hulle moet ook vir jonger vroue sê om goed na hul gesinne se behoeftes om te sien en om in liefde op te kyk na hul mans. Dan sal God se Woord nie bespotlik gemaak word nie.

6. Titus, jy moet ook met die jonger mans in die kerk praat. Sê vir hulle om met wysheid op te tree.

7. Wat jou betref, jy moet in alles wat jy sê en doen ’n voorbeeld stel van hoe ’n Christen behoort te leef. Doen goed aan ander mense.

Lees volledige hoofstuk Titus 2