Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 7:6 Die Boodskap (DB)

Ons is nie meer met die wet “getroud” nie, maar met Christus. Ons kan nou regtig tot eer van God leef. Voordat ons gelowiges was, het ons al die sondes gedoen waarteen die wet ons waarsku. In plaas daarvan dat die wet die mag van die sonde in ons lewens onder beheer gebring het, het dit ons aangevuur om die vieslikste dinge aan te vang. Ons was in die voorportaal van die doderyk omdat ons daardie dinge gedoen het wat die wet verbied. Maar nou is die doodsgreep van die wet op ons lewens vir altyd gebreek. Nou hoef ons ons nie meer aan allerhande reëls op papier te hou om by God uit te kom nie. Ons het nou deel aan die nuwe lewe wat die Gees bring.

Lees volledige hoofstuk Romeine 7

Kyk Romeine 7:6 in konteks