Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 10:9-14 Die Boodskap (DB)

9. En ek sê vir mense om dit te glo. Dit is baie maklik om gered te word. Al wat jy moet doen, is om met jou woorde te erken Jesus is die Here en om met alles in jou te glo God het Hom uit die dood laat opstaan.

10. As jy dit glo, spreek God jou vry van al jou sondes. En as jy dit met jou mond bely, word jy verlos.

11. Die Bybel sê immers:“Niemand wat in God glo, sal ooit met leë hande wegstap nie.”

12. Hierdie goeie nuus geld vir alle mense, vir Jode en ook vir nie-Jode. Die Here heers oor ons almal. Hy stort sy groot genade uit oor almal wat Hom om hulp vra.

13. Elkeen wat uitroep: “Here, help my!” sal gered word, maak nie saak wie hy is nie.

14. Jy kan nie die Here vra om jou te help as jy nog nie eens weet wie Hy is nie. En hoe kan jy weet wie Hy is as jy nog nooit van Hom gehoor het nie? En hoe kan mense van Hom hoor as daar niemand is om hulle van Hom te vertel nie?

Lees volledige hoofstuk Romeine 10