Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 4:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Kort na sy doop het die Heilige Gees Jesus na die woestyn toe laat gaan. Daar moes Hy deur die duiwel op die proef gestel word.

2. Veertig dae lank het Jesus niks geëet nie. Hy het toe honger geword. Dit was natuurlik net die geleentheid waarop die duiwel gewag het.

3. Hy het vir Jesus kom sê: “Kyk, as jy regtig God se Seun is, sê dan vir hierdie klippe om in brood te verander.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 4