Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 26:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Daarmee het Jesus vir hulle gesê wat Hy wou sê. Hy begin toe met die dissipels praat oor die paasfees wat nader kom:

2. “Julle weet natuurlik dat dit oor twee dae paasfees is. Dit gaan ’n paasfees wees om te onthou, want Ek gaan verraai en gekruisig word.”

3. Juis toe het al die belangrikste Joodse leiers in die huis van die hoëpriester Kajafas bymekaargekom.

4. Hulle het allerhande planne beraam om Jesus dood te maak, maar hulle moes eers ’n rede kry om Hom te vang.

5. Hulle wou Hom egter nie vang terwyl die paasfees aan die gang was nie. “Ons wil niks waag en dalk ’n opstand onder die mense by die fees veroorsaak nie,” het hulle gemeen.

Lees volledige hoofstuk Matteus 26