Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 11:24-27 Die Boodskap (DB)

24. Wel, sê nou Ek kon in Sodom gepreek en die wonders gedoen het wat Ek by julle gedoen het. Weet julle, hulle sou hulle lewe so vinnig verander het dat dit glad nie meer vir God nodig sou gewees het om een van hulle te straf nie. Wees gewaarsku! God se oordeel was nie naastenby so erg oor hulle as wat dit oor julle gaan wees nie.”

25. Jesus maak toe sy oë toe en begin bid. “Baie dankie, Vader, U wat oor die hemel en die aarde heers, dat u boodskap so duidelik en eenvoudig is. ’n Mens hoef nie jare op skoolbanke te sit of spesiale kursusse te loop om dit te verstaan nie. Dankie dat ’n ma die kind op haar skoot van U kan vertel en dat hy dit kan verstaan. Dankie ook, Vader, dat die sogenaamde slim mense van die wêreld wat dink hulle weet alles nie u boodskap met hulle geleerdheid kan stilmaak nie. Nee, al hulle ingewikkelde redenasies laat net hulle eie koppe draai. Uiteindelik begryp hulle minder van u boodskap as die kindertjies.

26. Dankie, Vader, dat U besluit het om so duidelik en eenvoudig met ons te praat. Amen.”

27. Na die gebed gesels Jesus toe verder met die mense: “My Vader het My gevra om al hierdie dinge op die aarde te kom doen. Hy het ook vir My alles gegee wat Ek nodig het om dit wel te kan doen. Ek en my Vader het geen geheime vir mekaar nie. Ons ken mekaar deur en deur. Niemand ken Ons soos Ons mekaar ken nie. Wil julle die Vader so leer ken? Ek kan julle aan

Lees volledige hoofstuk Matteus 11