Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 5:32-39 Die Boodskap (DB)

32. Maar Jesus het Hom nie aan hulle gesteur nie, maar bly rondkyk om te sien wie dit was.

33. Die vrou het besef wat met haar gebeur het. Vrees het haar beetgepak en sy het begin bewe. Sy val toe voor Jesus neer en vertel Hom alles.

34. Jesus sê toe vir haar: “Jou dae van seerkry en swaarkry is verby. Omdat jy My so vertrou het, sal die siekte jou nooit weer pla nie. Gaan lewe voluit sonder die pyn en bekommernis.”

35. Jesus was nog besig om met die vrou te praat toe ’n paar mans van Jaïrus (die leier van die sinagoge) se huis af daar aankom. Hulle het slegte nuus gehad: “Jou dogter is dood. Los vir Jesus. Moet Hom nie verder pla nie.”

36. Jesus het dit gehoor en vir Jaïrus gesê: “Moenie dat dit jou ontstel nie. Vertrou My net.”

37. Jesus, saam met Petrus en die twee broers, Jakobus en Johannes, is toe alleen verder. Jesus wou nie hê dat al die mense moes saamgaan nie.

38. Toe hulle by Jaïrus se huis aankom, was daar ’n groot klomp mense wat vreeslik huil en rou. Hulle het vreeslik te kere gegaan en ’n lawaai gemaak.

39. Jesus gaan toe in en vra vir hulle: “Vir wat gaan julle so te kere? Die kind slaap net. Sy is nie dood nie.”

Lees volledige hoofstuk Markus 5