Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 15:35-42 Die Boodskap (DB)

35. Van die omstanders het Jesus gehoor en gesê: “Luister, hy roep Elia.”

36. Een van hulle bring toe vinnig ’n spons wat in wyn gedruk is. Hy sit die spons op ’n stok sodat Jesus kon drink en sê: “Los hom nou uit sodat ons kan sien wat gaan gebeur. Miskien kom haal Elia hom van die kruis af.”

37. Al wat gebeur het, was dat Jesus hard geskree het en dood is.

38. Net toe het die groot gordyn wat in die tempel gehang het van bo na onder in twee geskeur.

39. ’n Bevelvoerder van die Romeinse soldate het reg voor die kruis gestaan. Hy het gehoor hoe Jesus skree en het gesien hoe Hy dood is. “Hierdie man was sowaar die Seun van God,” was al wat hy gesê het.

40. ’n Entjie van die kruis af het ’n groepie vroue gestaan en kyk. Onder hulle was Maria Magdalena en Maria (sy was Joses en Klein-Jakobus se ma) asook Salome.

41. Dit was die vroue wat in Galilea saam met Hom gegaan en vir Hom gesorg het. By hulle was daar ook heelwat ander vroue wat saam met Hom na Jerusalem toe gekom het.

42. Dit het begin laat word en omdat dit Vrydag was, was die Jode besig om reg te maak vir die sabbat wat met sononder sou begin.

Lees volledige hoofstuk Markus 15