Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 20:39-47 Die Boodskap (DB)

39. ’n Paar van die skrifkenners wat ook na Jesus geluister het, was baie beïndruk met wat Hy gesê het: “Mooi so, Leermeester. U het goed geantwoord.

40. Kyk, daardie klomp Sadduseërs is skoon stil.”

41. Toe sê Jesus vir die godsdienstige leiers wat gedurig net regsit om Hom te probeer uitvang: “Ek het nou ’n vraag vir julle. Hoekom sê almal die Messias is die seun van Dawid?

42. Dawid self noem Hom dan in een van sy psalms ‘my Here’. Julle ken mos Dawid se bekende woorde:‘God, die Here, het vir my Here gesê: Kom sit hier op die spesiale ereplek langs My

43. totdat Ek al jou vyande magteloos voor jou voete laat lê.’“Verklaar dit dan nou vir My:

44. As Dawid die Messias ‘Here’ noem, hoe kan Hy terselfdertyd ook nog Dawid se seun wees?”Maar niemand het dit gewaag om daarop te antwoord nie.

45. Terwyl ’n groot groep mense na Jesus geluister het, het Hy na sy getrouste volgelinge gedraai en vir hulle gesê:

46. “Julle moet lig loop vir al daardie groot kenners van die Bybel. Kyk, hulle loop oral rond met hulle blink kerkklere en hou daarvan dat almal hulle op straat groet. Hulle maak ook baie seker dat mense hulle in godsdienstige plekke raaksien. En hulle geniet dit om die middelpunt van belangstelling by elke funksie te wees.

47. Net om te wys hoe vroom hulle is, gaan eet hulle die arm weduwees se kos op en bid lang gebede in die openbaar. Die skynheilige spul! God sal hulle baie swaarder as al die ander straf.”

Lees volledige hoofstuk Lukas 20