Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 15:26-32 Die Boodskap (DB)

26. Hy roep toe een van die werkers en vra: ‘Wat is aan die gang?’

27. “‘Jou broer is terug!’ antwoord hy. ‘Jou pa is so bly dat hy daardie vetgemaakte kalf geslag het om dit te vier dat jou broer lewend terug is.’

28. “Maar die oudste broer was so kwaad hieroor dat hy nie eens sy broer wou gaan groet nie. Toe sy pa daarvan hoor, was hy hartseer. Hy het na sy oudste seun toe gestap en vir hom gaan vra om saam met hulle te kom feesvier.

29. “‘Vir wat?’ vra hy. ‘My lewe lank doen ek alles wat Pa wil hê. Nog nie een dag het ek geweier om te doen wat Pa sê nie. Tog het Pa nog nooit vir my ’n partytjie gehou nie. Pa het nog nie eens vir my gesê om ’n paar van my vriende oor te nooi om by my te kom kuier nie.

30. Maar toe daardie ander seun van Pa uit die bloute hier opdaag na hy al Pa se besittings uitgemors het op ’n spul straatvroue en op dronkpartytjies, word die heel beste kalf op die plaas vir hom geslag. Ek kan dit nie glo nie!’

31. “Toe antwoord die pa: ‘My kind, wat praat jy alles? Jy is dan my eie vlees en bloed. Alles wat ek het, is joune.

32. Maar vandag vier ons fees oor jou broer, want hy was dood en nou lewe hy weer. Jou broer was weg, maar nou is hy terug in ons huis waar hy hoort.’”

Lees volledige hoofstuk Lukas 15