Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 8:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Jesus is intussen Olyfberg toe, maar nie vir lank nie.

2. Teen sonop was Hy al weer in die omgewing van die tempel. Daar het die mense om Hom saamgedrom. Oudergewoonte het Hy met hulle oor God gesels.

3. Die Joodse geleerdes en die Fariseërs kom toe met ’n vrou daar aan. Sy is gevang toe sy seksueel ontrou was aan haar man. Hulle laat haar toe tussen die mense staan sodat almal haar kon sien.

4. Hulle sê toe vir Jesus: “Jy is mos die hele tyd besig om mense te vertel wat hulle moet doen. Nou ja, ons het hierdie vrou op heterdaad betrap toe sy by ’n man geslaap het wat nie haar eie is nie.

5. Moses se wet vertel vir ons presies wat ons met so ’n vrou moet maak: sy moet dood! Met klippe moet ons die laaste asem uit haar uitgooi. Maar sê jy nou ’n bietjie vir ons: Wat dink jy moet ons met die vrou maak?”

6. Die Joodse geleerdes wou egter nie regtig hoor wat Jesus dink nie. Hulle het Hom dit maar net gevra om Hom in die moeilikheid te probeer bring. Hulle het gehoop Hy sou sy mond verbypraat en iets sê waaroor hulle Hom voor die hof kon sleep. Maar Jesus was te uitgeslape vir hulle. Net daar waar Hy gesit het, het Hy vooroor gebuig en met sy vinger iets in die grond geskryf.

Lees volledige hoofstuk Johannes 8