Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 10:35-42 Die Boodskap (DB)

35. “God self noem die mense ‘gode’ wat na sy boodskap geluister het. En die Bybel jok mos nie.

36. Nou goed, as dit so is, waarom gaan julle so te kere asof Ek God so beledig? Immers, die Vader self het My spesiaal toegerus en My na die mense in die wêreld toe gestuur. Hier het Ek net kom sê: ‘Ek is God se Seun,’ en julle sê sommer Ek beledig God.

37. Wel, as dit wat Ek doen God ongelukkig maak, ja, nie is wat Hy graag wil hê nie, dan kan julle dit sê. Maar julle weet dit is nie so nie.

38. As julle dink dat wat Ek sê nie waar is nie, kyk dan na wat Ek doen. Julle sal agterkom dat Ek presies doen wat God in so ’n situasie sou doen. Ons tree soos ’n onverbeterlike span saam op.”

39. Die Joodse leiers sit toe weer aan die polisie om Jesus te vang. Voor hulle hulle egter kom kry, was Jesus al weer weg.

40. Die mense het Hom opgespoor by die plek waar Johannes begin doop het (oos van die Jordaan). Hy is ’n rukkie lank soontoe.

41. Die mense wou Hom net nie met rus laat nie. Hulle het gesê: “Johannes het nou wel nie wonders gedoen nie, maar alles wat hy van Jesus gesê het, kan ’n mens maar glo.”

42. Baie mense het juis daar Christene geword.

Lees volledige hoofstuk Johannes 10