Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 4:9-12 Die Boodskap (DB)

9. Vir God se mense wag daar dus ’n spesiale rus soos God op die sewende dag gerus het.

10. Iemand wat vir ewig saam met God sal rus, sal net soos God rus nadat Hy alles gemaak het.

11. Ons moet nie die voorbeeld van die ou Israeliete volg en by God in die moeilikheid beland soos hulle nie. Hulle wou mos nie na God luister nie. Ons moet egter ons uiterste bes probeer om seker te maak dat ons vir ewig saam met God sal gaan rus.

12. Wat God sê, is nie maar net dooie woorde nie. Nee, wat Hy sê, gebeur en daar is geen keer aan nie. Sy woorde is ook nie oppervlakkig nie. Soos ’n skerp mes diep kan sny, so sny dít wat God sê tot diep binne-in jou: ja, tot daar waar jy gedink het jy dinge kan wegsteek. Wat jy dink en hoe jy oor dinge voel, kom alles onder die soeklig van wat God sê. Jy sal nie kan wegkom nie.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 4