Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 13:20-25 Die Boodskap (DB)

20. God het ons Here Jesus uit die dood laat opstaan. Deur die bloed van hierdie Jesus het daar ’n nuwe ooreenkoms tussen God en ons tot stand gekom. Die ooreenkoms sal vir ewig en altyd bly staan. Hierdie Jesus is ook die groot Herder wat na sy skape kyk.

21. Mag hierdie God van vrede julle alles gee wat julle nodig het sodat julle kan doen wat Hy van julle verwag. Mag Hy deur Jesus in ons lewe dinge doen waarop Hy trots kan wees. Aan Jesus behoort die eer en grootheid vir ewig en altyd. Amen.

22. My liewe vriende, ek vra julle baie mooi: neem tog asseblief die brief ernstig op, want dit is nie ’n lang brief nie. Ek het dit spesiaal geskryf om julle moed in te praat.

23. Julle het seker ook al gehoor dat ons geestelike broer Timoteus uit die tronk is. As hy nie te lank draai om hier by my uit te kom nie, sal ek saam met hom na julle toe kom.

24. Groete aan al die leiers en al die ander Christene. Die Christene wat van Italië af kom en hier by my is, stuur ook vir julle groete.

25. Mag God goed wees vir julle, meer as wat julle ooit verdien.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 13