Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 1:6-10 Die Boodskap (DB)

6. God het hierdie Seun van Hom die spesiale ereposisie as die oudste Seun gegee. Dit is ’n besondere voorreg. God sê dan: “Al die hemelse wesens moet Hom dien soos hulle My dien.”

7. Wanneer God van die hemelse wesens praat, sê Hy wel: “God maak sy boodskappers soos die wind en sy dienaars soos weerligstrale.”

8. Maar van sy Seun sê Hy: “U, o God, sal vir ewig en altyd heers. Soos ’n koning sal U vir altyd goed en reg regeer.

9. U hou van dinge wat reg is en wil niks te doen hê met dinge wat verkeerd is nie. God het U gevra om oor alles te heers, terwyl almal baie bly was daaroor. Nie een van die ander wat saam met U daar was, het ’n kans gestaan nie.”

10. God sê nog ander dinge ook oor sy Seun. Hy sê: “Here, U het alles begin. U het die aarde gemaak. Met u hande het U die hemel sy vorm gegee.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 1