Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 15:32-35 Die Boodskap (DB)

32. Judas en Silas, self ook profete wat die Here se wil bekendgemaak het, het toe lank met die gelowiges in Antiogië gepraat. Hulle het by ’n hele paar geleenthede met hulle oor God gepraat en hulle geloof opgebou.

33. Na ’n ruk het Judas besluit om na Jerusalem terug te keer. Hy het van almal afskeid geneem. Nadat die gemeente hom ’n veilige reis toegewens het, het hy vertrek.

35. Paulus en Barnabas het in Antiogië agtergebly. Hulle het die gelowiges geleer hoe om te leef soos God dit wil hê. Hulle het ook die goeie nuus oor Jesus onder die inwoners van die stad bekendgemaak. Baie ander gelowiges het presies dieselfde gedoen.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 15