Ou Testament

Nuwe Testament

2 Tessalonisense 2:12-17 Die Boodskap (DB)

12. Die uiteinde van almal wat weier om in die waarheid te glo en wat gekies het om hulle aan al wat sonde is oor te gee, is God se verskriklike straf.

13. My liewe broers en susters, ek sê altyd vir God oor en oor dankie vir julle. Die Here het julle baie lief. En dis nie net lippetaal nie: God het julle al spesiaal uitgesoek om in Hom te glo. Julle is van die heel eerste mense wat tot geloof in Christus gekom het. Julle geloof is die gevolg van die Gees se werk in julle lewens. Hy het julle opsy gesit vir Homself. Daarom glo julle die waarheid.

14. Dit is regtig net aan die Gees te danke dat julle nou glo. Toe ons die goeie nuus aan julle bekend gemaak het, het julle sy roepstem gehoor. Daarom sal julle ook deelhê aan ons Here Jesus Christus se heerlikheid. Julle sal eendag by Hom in al sy hemelse glans en glorie gaan bly.

15. Liewe broers en susters, staan sterk! Hou vas aan alles wat ek julle geleer het toe ek daar by julle was en aan dit wat ek in my briewe skryf.

16. God ons Vader het ons almal baie lief, ons Here Jesus Christus ook. God se goedheid oorweldig ons keer op keer. Hy droog ons trane keer op keer af en Hy gee aan ons ’n vaste hoop vir die nuwe lewe wat voorlê.

17. Mag Hy julle harte rustig maak en julle geloof sterk maak. En mag Hy julle help om die hele tyd net die regte dinge te sê en te doen.

Lees volledige hoofstuk 2 Tessalonisense 2