Ou Testament

Nuwe Testament

2 Tessalonisense 2:13 Die Boodskap (DB)

My liewe broers en susters, ek sê altyd vir God oor en oor dankie vir julle. Die Here het julle baie lief. En dis nie net lippetaal nie: God het julle al spesiaal uitgesoek om in Hom te glo. Julle is van die heel eerste mense wat tot geloof in Christus gekom het. Julle geloof is die gevolg van die Gees se werk in julle lewens. Hy het julle opsy gesit vir Homself. Daarom glo julle die waarheid.

Lees volledige hoofstuk 2 Tessalonisense 2

Kyk 2 Tessalonisense 2:13 in konteks