Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 7:11 Die Boodskap (DB)

Julle was op die regte manier hartseer, soos God dit wil hê. Julle was vasbeslote om die saak met Hom reg te maak. Kyk net watter wonderlike resultate het dit opgelewer: julle is nou nog meer daarop ingestel om julle verhouding met God reg te stel. Sonde vul julle met nog groter afsku. Julle wil niks daarmee te doen hê nie. Julle het ook baie groter eerbied vir God. Julle smag daarna om God beter te ken. Julle is nog yweriger om God met julle hele lewe te dien. Julle is meer as tevore bereid om verkeerde gedrag vas te vat.Julle het duidelik gewys dat julle onskuldig is in hierdie saak tussen my en daardie man wat my voor julle almal beledig het.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 7

Kyk 2 Korintiërs 7:11 in konteks