Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timoteus 4:14-16 Die Boodskap (DB)

14. Moenie ophou of vergeet om die gawe te gebruik wat God jou so onverdiend gegee het nie. Dit is die gawe wat God jou gegee het toe die leiers in die gemeente hulle hande op jou gesit het omdat God mense gelei het om sulke mooi dinge oor jou te voorspel.

15. Probeer jou bes en doen jou deel so goed jy kan sodat almal kan sien hoe jy as Christen ryper word.

16. Maak doodseker dat jy reg lewe en ander so leer. Moenie ’n duim van hierdie pad afwyk nie. As jy op hierdie pad bly, sal nie net jy by God uitkom nie, maar ook almal wat luister na wat jy vir hulle sê.

Lees volledige hoofstuk 1 Timoteus 4