Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 2:1-5 Die Boodskap (DB)

1. My liewe vriende, onthou julle nog toe ek die eerste maal daar by julle aangekom het? Toe ek julle van God se wonderlike planne kom vertel het, het ek nie met lang stories wat mooi klink of ingewikkelde redenasies gekom nie.

2. Ek het dit doelbewus eenvoudig gehou: ek het julle van Jesus Christus kom vertel, die Jesus wat aan die kruis dood is.

3. Ek was nie voor op die wa nie. Om die waarheid te sê, ek was maar skrikkerig, want ek het geweet ek is nie iemand wat belangrik of invloedryk is nie.

4. Ja, my boodskap was eenvoudig. Dit was nie ’n klomp hoë woorde wat ’n mens se kop laat draai of so geleerd klink dat jy maar net ja en amen sê nie. In plaas daarvan om na slim argumente te luister kon mense eerder sien hoe kragtig die Gees van God werk.

5. Julle vertroue op God en sy boodskap staan dus nie op die wankelrige pilare van mense se slim idees nie, maar dit staan vierkant op die krag van God.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 2