Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 1:1-9 Die Boodskap (DB)

1. Van Paulus.Jesus Christus het my geroep en my met ’n spesiale doel gestuur.Dit is hoe God dit wou gehad het. En van Sostenes, wat ook ’n kind van God is.

2. Aan die gemeente van God in Korinte. Dit is die mense wat aan God behoort omdat hulle Jesus Christus ken. God het hulle geroep om net vir Hom te leef. Die brief is ook bedoel vir al die mense wat ons Here Jesus Christus se gesag erken en Hom aanbid. Dit maak nie saak waar hulle is nie, net solank húlle Here óns Here is.

3. Mag God ons Vader en ons Here Jesus Christus baie goed vir julle wees. Mag Hulle julle innerlik rustig maak en vrede gee.

4. Ek sê altyd vir God dankie vir al die goeie dinge wat Hy so onverdiend vir julle gee. Ek praat van alles wat julle gekry het vandat julle Jesus Christus leer ken het. Hy het letterlik alles vir julle gegee wat julle nodig gehad het.

5. Julle het die dinge van God goed leer ken en kan maklik daaroor praat.

6. Dat dit wat ek vir julle oor Jesus vertel het, waar is, kan in julle lewe gesien word.

7. Ja-nee, julle het niks nodig nie, want God sorg dat julle kry wat julle op geestelike gebied nodig het. Julle sien ook opgewonde daarna uit dat ons Here Jesus Christus weer na ons toe kom sodat almal Hom kan sien. Niemand sal dan ’n enkele skewe woord teen julle kan sê nie. Hy sal julle nie in die steek laat nie.

8. Hy sal julle enduit gee wat julle moet hê.

9. Julle kan God vertrou, want Hy doen altyd wat Hy beloof. Hy self het julle uitgenooi om Jesus Christus, ons Here, se goeie vriende te word.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 1