Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 8:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here wat oor alles regeer, het met Sagaria gepraat.

2. Hy het gesê: “Ek is baie lief vir die stad Jerusalem, en Ek is baie kwaad vir die vyande wat Jerusalem verwoes het.

3. En nou sê Ek: Ek sal terugkom na Jerusalem en Ek sal weer daar woon. Die mense sal sê Jerusalem is die stad waar die mense doen wat die Here wil hê, en hulle sal sê die berg van die Here wat oor alles regeer, is die gewyde berg.”

4. Die Here wat oor alles regeer, sê: “Daar sal weer ou mans en ou vroue sit op die oop plekke in Jerusalem, en hulle sal almal hulle kieries in hulle hand vashou omdat hulle baie oud geword het.

5. En kinders sal oral op die oop plekke in Jerusalem speel.”

6. Die Here wat oor alles regeer, sê: “Die mense wat in daardie tyd nog lewe, sal miskien dink dit kan nie gebeur nie. Moet Ek dan ook dink dit kan nie gebeur nie? Nee.”

7. Die Here wat oor alles regeer, sê: “Ek sal my volk red uit die lande waar hulle nou woon, die lande in die ooste en die lande in die weste.

8. Ek sal hulle terugbring, en hulle sal in Jerusalem woon. Hulle sal my volk wees, en net Ek sal hulle God wees. Ek sal sorg dat alles reg is tussen My en hulle.”

9. Die Here wat oor alles regeer, sê: “Julle moenie nou moedeloos wees nie. Julle het gehoor wat die profete gesê het toe die mense begin het om my tempel te bou.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 8