hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 6 Bybel vir Almal (ABA)

Die vier oorlogkarre

1. Die Here het weer vir my iets gewys. Ek het vier oorlogkarre gesien. Die oorlogkarre het tussen twee berge uitgekom. Die berge was van koper.

2. Voor die eerste oorlogkar was rooi perde, en voor die tweede oorlogkar was swart perde.

3. Voor die derde oorlogkar was wit perde, en voor die vierde oorlogkar was grys perde.

4. Ek vra toe vir die engel wat vir my moes sê wat alles beteken: “Meneer, wat beteken dit?”

5. Die engel het vir my gesê: “Die oorlogkarre kom van die Here van die hele aarde, en nou gaan hulle na die noorde, die suide, die ooste en die weste.

6. Die kar met die swart perde gaan na die land in die noorde, en die kar met die wit perde gaan ook daarnatoe. Die kar met die grys perde gaan na die land in die suide.”

7. Die grys perde wou oral op die aarde gaan, en die engel het gesê: “Gaan! Gaan oral op die aarde!”Hulle het toe na al die plekke op die aarde gegaan.

8. Die engel het vir my geskree en gesê: “Kyk, die oorlogkar wat na die land in die noorde gaan, neem die Gees van die Here saam na daardie land.”

Serubbabel en Jesua sal saam regeer

9. Die Here het vir my gesê:

10. “Jy moet goud en silwer kry by Geldai en Tobija en Jedaja. Hulle het teruggekom uit die land Babel. Jy moet na die huis van Josia gaan. Josia is die seun van Sefanja. Hy het ook uit Babel teruggekom.

11. Jy moet die goud en silwer neem en jy moet ’n kroon maak. Dan moet jy die kroon sit op die kop van die hoëpriester Jesua seun van Josadak.

12. “Jy moet vir hom sê die Here wat oor alles regeer, sê: Daar sal ’n man kom, sy naam is Loot. Hy sal die leier word en hy sal die tempel van die Here bou.

13. Ja, dit is hy wat die tempel sal bou. Hy sal ’n belangrike man wees. Hy sal op die troon sit en hy sal regeer. Die priester sal saam met hom regeer, en hulle twee sal goed saamwerk.

14. Die kroon moet in die tempel bly, dan sal almal wat die kroon sien, dink aan Geldai, aan Tobija, aan Jedaja en aan die seun van Sefanja.

15. Mense sal van ver plekke kom en hulle sal help om die tempel te bou.”Wanneer dit gebeur, dan sal julle weet dat die Here vir my, Sagaria, gestuur het. Hy is die Here wat oor alles regeer. Maar dit sal net gebeur as julle goed luister na wat julle God die Here vir julle sê.