hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 3 Bybel vir Almal (ABA)

Die hoëpriester Jesua

1. Die Here het weer vir my iets gewys. Die hoëpriester Jesua het voor die Engel van die Here gestaan, en die Satan het regs langs Jesua gestaan. Die Satan het vir Jesua beskuldig.

2. Die Here het vir die Satan gesê: “Ek sal jou straf. Ek het gesê Jerusalem is my stad. Ek het hierdie man, Jesua, gered soos iemand ’n stuk hout red uit die vuur wanneer dit al klaar begin brand het.”

3. Jesua het voor die Engel gestaan en sy klere was baie vuil.

4. Die Here het vir die engele wat voor Hom gestaan het, gesê: “Trek uit Jesua se vuil klere.” En Hy het vir Jesua gesê: “Ek het nou jou sonde vergewe. Hulle mag nou vir jou nuwe klere aantrek.”

5. Ek, Sagaria, het toe gesê: “Julle moet ’n skoon tulband op sy kop sit.”Hulle het toe ’n skoon tulband op Jesua se kop gesit en hulle het ander klere vir hom aangetrek. Die Engel van die Here het daar gestaan

6. en Hy het ernstig gepraat met Jesua.

7. Hy het vir Jesua gesê die Here wat oor alles regeer, sê: “As jy lewe soos Ek wil hê, en as jy doen wat Ek gesê het, dan sal jy oor my tempel regeer. Jy sal kyk dat alles daar reg is. Dan mag jy ook na My toe kom, soos die engele wat hier by My staan.

8. “Hoëpriester Jesua, jy en jou vriende wat voor jou sit, moet luister na wat Ek sê. Julle is die tekens van die dinge wat sal gebeur: Ek sal nou my dienaar bring, sy naam is Loot.

9. “Ek sit ’n klip hier voor Jesua. Daar is sewe oë op die een klip. Ek sal op die klip skryf dat Ek op een dag die sonde van al die mense in die land sal vergewe.

10. Op daardie dag sal elkeen onder sy vyeboom en sy wingerdstok sit en hulle sal mekaar uitnooi om te kom sit.”