hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14

Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 5 Bybel vir Almal (ABA)

Die boekrol wat vlieg

1. Die Here het weer vir my iets gewys. Ek het ’n boekrol gesien wat vlieg.

2. Die engel het vir my gevra: “Wat sien jy?”Ek het gesê: “Ek sien ’n boekrol wat vlieg. Dit is 20 el lank en tien el breed.”

3. Die engel het toe vir my gesê: “Die Here het op die boekrol geskryf dat Hy die mense sal vervloek wat steel en wat dinge belowe wat hulle nie wil doen nie. Dit sal gebeur, want hulle het nog nie die straf gekry wat hulle moet kry nie.

4. Die Here wat oor alles regeer, het gesê: Ek vervloek die mense wat steel en wat dinge belowe wat hulle nie wil doen nie. Ek sal hulle huise heeltemal verwoes, die hout en ook die klippe van die huise.”

Die vrou in die mandjie

5. Die engel wat vir my moes sê wat alles beteken, het na my toe gekom en vir my gesê: “Kyk daar. Wat sien jy?”

6. Ek het gevra: “Wat is dit?”Die engel het gesê: “Dit is ’n mandjie.”Die engel het ook gesê: “Die sonde van al die mense op die aarde is in die mandjie.”

7. Die deksel van die mandjie was van lood. Hulle het die deksel opgelig en toe sien ek daar sit ’n vrou binne-in die mandjie.

8. Die engel het gesê: “Dit is die sonde!”Hy het die vrou in die mandjie ingestamp en hy het die deksel toegemaak.

9. Ek sien toe daar kom twee vroue. Hulle het vlerke gehad soos groot sprinkaan-voëls. Hulle het die mandjie opgetel en weggevlieg.

10. Ek vra toe vir die engel wat vir my moes sê wat alles beteken: “Waarnatoe neem hulle die mandjie?”

11. En hy het vir my gesê: “Hulle bou vir die vrou ’n huis in die land Babel. Wanneer die huis klaar is, dan sal hulle die mandjie daar neersit. Dit is waar die vrou moet wees.”