Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 11:4-12 Bybel vir Almal (ABA)

4. My God die Here het gesê: “Jy moet die slagskape oppas.

5. Die mense wat die skape gekoop het, slag hulle en die mense is nie jammer daaroor nie. Die mense wat die skape verkoop, sê: ‘Prys die Here, ons word ryk.’ Die skaapwagters is ook nie jammer vir die skape nie.”

6. Die Here sê: “Ja, Ek sal nou ook nie meer jammer wees vir al die mense in die land nie. Ek laat hulle nou doen wat hulle wil met mekaar en Ek laat hulle koning doen wat hy wil met hulle. Hulle sal die land verwoes, en Ek sal niemand red nie.”

7. Ek, Sagaria, het toe die slagskape opgepas vir die mense wat hulle koop en verkoop. Ek het twee kieries geneem en ek het die skape opgepas. Ek het die een kierie “Vriendelikheid” genoem en die ander kierie “Saamwees.”

8. Ek het in die eerste maand drie skaapwagters weggejaag. Maar ek het ongeduldig geword met die skape, en hulle het ook nie van my gehou nie.

9. Ek het toe gesê: “Ek sal julle nie oppas nie. Dit maak nie saak nie: Die skape wat wil vrek, moet vrek, en die skape wat wil verdwaal, moet verdwaal. As daar skape oorbly, dan kan hulle mekaar opvreet.”

10. Ek neem toe my een kierie, Vriendelikheid, en ek breek dit. Die Here het gesê Hy sal sy verbond ook so breek, die verbond wat Hy met al die volke gemaak het.

11. Die verbond het daardie dag gestop. Die mense wat die skape koop en verkoop, het gesien wat ek doen, en hulle het geweet die Here praat met hulle.

12. Ek het vir hulle gesê: “Julle moet my betaal, maar as julle nie wil betaal nie, los dit.”Hulle het my toe 30 stukke silwer gegee.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 11