Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 10:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Wanneer julle reën nodig het, maar dit reën nie, dan moet julle vir die Here reën vra. Dit is die Here wat die wolke vol water maak sodat dit hard kan reën. Dit is Hy wat reën gee vir die plante in die veld.

2. Ja, julle moenie glo wat die afgodsbeelde sê nie, hulle woorde beteken niks en die mense wat dink hulle weet wat ander mense nie kan weet nie, lieg vir julle. Hulle sê hulle het gedroom en hulle sê dit sal reën, maar dit is nie waar nie, daar gebeur niks. Julle het vir die afgodsbeelde en vir daardie mense gevra wat sal gebeur. Daarom kry julle swaar soos skape wat verdwaal het omdat hulle nie ’n wagter het nie.

3. Die Here sê Hy is kwaad vir die leiers van die volk en Hy sal hulle straf omdat hulle verkeerd gedoen het. Ja, die mense van Juda is die skape van die Here wat oor alles regeer, en Hy het hulle gestraf. Maar hulle sal nou die Here se perde wees en Hy sal trots wees op hulle. Hy sal hulle gebruik om oorlog te maak.

Lees volledige hoofstuk Sagaria 10