Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 1:13-21 Bybel vir Almal (ABA)

13. Die Here het gepraat met die engel wat vir my moes sê wat alles beteken. Die Here het vir hom gesê dit sal weer goed gaan met die mense van Juda en Jerusalem.

14. Die engel het toe vir my gesê: “Jy moet hard praat en jy moet sê die Here wat oor alles regeer, sê: ‘Ek is baie kwaad oor wat die ander volke met Jerusalem gedoen het.

15. Ek is baie kwaad vir die volke wat gedink het hulle kan doen wat hulle wil. Ek was net ’n bietjie kwaad vir die mense van Jerusalem, maar die ander volke het hulle baie swaar laat kry.

16. “ ‘Maar Ek sal nou weer goed wees vir die mense van Jerusalem. Hulle sal my tempel weer daar by hulle bou. Hulle sal die stad Jerusalem ook weer bou.’ Dit sê die Here wat oor alles regeer.

17. “Jy moet weer hard praat en jy moet sê die Here wat oor alles regeer, sê: ‘Die stede van Juda behoort aan My. Dit sal weer goed gaan met die mense in die stede. En Ek sal weer goed wees vir die mense van Jerusalem. Ek sal weer sê: Jerusalem is my stad.’ ”

18. Die Here het weer vir my iets gewys. Ek het vier horings gesien.

19. Ek vra toe vir die engel wat vir my moes sê wat alles beteken: “Hoekom is hulle hier?”Die engel het vir my gesê: “Die horings is die leiers van die volke wat die mense van Juda, Israel en Jerusalem weggevat het na ander lande.”

20. Toe wys die Here vir my vier ambagsmanne,

21. en ek vra: “Wat moet hulle doen?”Die engel sê toe: “Daardie horings is die leiers van die volke. Hulle het die mense van Juda weggevat uit hulle land en hulle het die mense verneder. Hierdie ambagsmanne het gekom om die horings af te kap. Hulle moet die leiers van die volke doodmaak. Dit is die volke wat die land Juda aangeval het en die mense weggevat het.”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 1