Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 1:11-17 Bybel vir Almal (ABA)

11. Die mense op die perde het gepraat met die Engel van die Here, die Man wat tussen die mirtebome gestaan het. Hulle het gesê: “Ons was oral op die aarde, en alles is stil en rustig op die aarde.”

12. Die Engel van die Here het toe gepraat en gesê: “Here, U wat oor alles regeer, U is 70 jaar lank kwaad vir die mense van Juda en Jerusalem. U moet asseblief weer goed wees vir hulle.”

13. Die Here het gepraat met die engel wat vir my moes sê wat alles beteken. Die Here het vir hom gesê dit sal weer goed gaan met die mense van Juda en Jerusalem.

14. Die engel het toe vir my gesê: “Jy moet hard praat en jy moet sê die Here wat oor alles regeer, sê: ‘Ek is baie kwaad oor wat die ander volke met Jerusalem gedoen het.

15. Ek is baie kwaad vir die volke wat gedink het hulle kan doen wat hulle wil. Ek was net ’n bietjie kwaad vir die mense van Jerusalem, maar die ander volke het hulle baie swaar laat kry.

16. “ ‘Maar Ek sal nou weer goed wees vir die mense van Jerusalem. Hulle sal my tempel weer daar by hulle bou. Hulle sal die stad Jerusalem ook weer bou.’ Dit sê die Here wat oor alles regeer.

17. “Jy moet weer hard praat en jy moet sê die Here wat oor alles regeer, sê: ‘Die stede van Juda behoort aan My. Dit sal weer goed gaan met die mense in die stede. En Ek sal weer goed wees vir die mense van Jerusalem. Ek sal weer sê: Jerusalem is my stad.’ ”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 1