Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 9:37-44 Bybel vir Almal (ABA)

37. Maar toe sê Gaäl weer: “Kyk, daar kom mense van die middel van die land af, en daar kom mense op die pad van die Waarsêer-boom af.”

38. Sebul het vir Gaäl gesê: “Jy het gister baie gespog. Waar is jou groot mond nou? Jy het gesê: ‘Wie is Abimelek? Hoekom moet ons hom dien?’ Hier is die mense nou, jy het gesê hulle beteken niks. Gaan maak nou oorlog teen Abimelek.”

39. Gaäl en die manne van Sigem het toe gaan oorlog maak teen Abimelek.

40. Maar Abimelek se manne was te veel, en Gaäl het gevlug. Abimelek en sy manne het baie van Gaäl se manne doodgemaak voordat hulle kon inkom by die poort van die stad.

41. Abimelek het in die stad Aruma gebly, en Sebul het vir Gaäl en sy broers weggejaag uit Sigem.

42. Die volgende oggend het die mense van Sigem uit die stad na die veld gegaan. Abimelek het dit gehoor.

43. Hy het sy manne in drie groepe verdeel en hy het hulle in die veld laat lê en wag. Toe hy sien die mense het uit die stad gekom, het hy hulle begin doodmaak.

44. Hyself en die manne wat by hom was, het vorentoe gehardloop en voor die poort van die stad gaan staan. Die ander twee groepe het al die mense in die veld begin doodmaak.

Lees volledige hoofstuk Rigters 9