Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 20:27-28-31 Bybel vir Almal (ABA)

27-28. Die kis van die Here was in daardie tyd in Bet-El, en Pinehas was in daardie tyd die priester by die kis. Pinehas was van die nageslag van Eleaser seun van Aäron. Die Israeliete het vir die Here gevra: “Moet ons weer gaan oorlog maak teen ons broers, die Benjamin-mense, of moet ons ophou?”Die Here het geantwoord: “Ja, julle moet gaan, want môre sal Ek julle laat wen teen hulle.”

29. Die Israeliete het eers vir party van hulle manne gesê hulle moet naby Gibea gaan wegkruip sodat die Benjamin-mense hulle nie kan sien nie.

30. Die Israeliete het toe op die derde dag weer gereedgemaak om oorlog te maak teen die Benjamin-mense. Die Israeliete het soos voorheen gereedgestaan om Gibea aan te val,

31. en die Benjamin-mense het uit die stad na hulle toe gekom. Die Benjamin-mense het verder en verder van die stad gegaan en hulle het begin om Israeliete dood te maak soos voorheen. Hulle het omtrent 30 manne van die Israeliete doodgemaak in die veld langs die pad tussen Gibea en Bet-El.

Lees volledige hoofstuk Rigters 20