Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 19:20-26 Bybel vir Almal (ABA)

20. Toe sê die ou man: “Julle is welkom by my huis. Ek sal vir julle alles gee wat julle nodig het. Maar julle moenie vannag hier op die oop stuk grond bly nie.”

21. Die ou man het hom na sy huis gebring en hy het vir die donkies kos gegee. Hulle het hulle voete gewas en geëet en gedrink.

22. Hulle het lekker geëet, maar toe het ’n klomp mans om die huis kom staan en hulle het teen die deur geslaan. Hulle was slegte mense. Hulle het vir die ou man aan wie die huis behoort het, gesê: “Bring die man wat in jou huis ingekom het. Ons wil seks hê met hom.”

23. Die man aan wie die huis behoort, het uitgegaan na hulle toe en hy het vir hulle gesê: “Nee, vriende, julle moet asseblief niks sleg doen aan hierdie man wat in my huis gekom het nie. Moenie so ’n lelike ding doen nie.

24. Hier is my dogter. Sy is nog ’n jongmeisie. Ek sal haar en die byvrou van die man uitbring. Julle mag hulle verkrag en met hulle doen wat julle wil. Maar moenie hierdie lelike ding doen aan hierdie man nie.”

25. Maar die mans wou nie na die ou man luister nie. Toe vat die Leviet sy byvrou en hy stamp haar uit op die straat. Die mans het seks gehad met haar en hulle het haar die hele nag lank seergemaak, tot die volgende oggend. Hulle het haar laat gaan toe dit begin lig word.

26. Die vrou het die oggend tot by die huis gekom waar haar man was en sy het daar gaan lê tot dit lig word.

Lees volledige hoofstuk Rigters 19