Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 12:10-14 Bybel vir Almal (ABA)

10. Die Prediker het probeer om woorde te gebruik waarvan mense sal hou, en hy het die dinge presies reg neergeskryf, dinge wat altyd waar sal wees.

11. Die dinge wat wyse mense sê, is soos skerp stokke, dit is soos spykers wat hulle diep inslaan. Dit is een Herder wat vir ons die wyse mense gee wat spreuke bymekaarmaak.

12. Ek het al hierdie dinge vir jou gesê, maar ek wil ook nog dít sê: My seun, jy moet versigtig wees, ’n mens maak nooit klaar wanneer jy baie boeke wil skryf nie, en as jy baie hard werk om die boeke te skryf, dan sal jy baie moeg word.

13. Wanneer jy klaar na alles geluister het, dan moet jy dít onthou: Jy moet vir God respekteer en jy moet Hom dien. Jy moet doen wat Hy sê, want Hy sê dit vir elke mens.

14. Ja, God sal alles oordeel wat jy doen, Hy sal ook die dinge oordeel waarvan ander mense nie weet nie, die goeie dinge én die slegte dinge.

Lees volledige hoofstuk Prediker 12