Ou Testament

Nuwe Testament

Obadja 1:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Obadja gewyswat sal gebeur.Die Here het gepraat oor die mensevan die land Edom,en dit is wat ons gehoor het.Dit was toe die volke vir mekaarboodskappe gestuur heten gesê het: “Julle moet gereedmaak,ons moet oorlog gaan maakteen die Edomiete!”

2. Die Here het vir die Edomiete gesê:“Ek sal julle ’n klein volkie maak,almal sal dink julle beteken niks.

3. Julle het gedink julle is veilig,maar julle het ’n fout gemaak.Julle woon hoog in die bergetussen die rotseen julle dink niemandkan julle afbring ondertoe nie.

4. Maar Ek sal julle afbring,ook wanneer julle soos ’n aasvoëlteen die hoogste berge gaan woon,of wanneer julle vir julle ’n stadtussen die sterre bou.

5. Wanneer diewe in die nagjulle goed kom steel,dan steel hulle totdat hulle genoeg heten dan hou hulle op.Wanneer ander mensejulle druiwe kom pluk,dan laat hulle party druiwetrosse oorbly.Maar die vyande sal niks van jullelaat oorbly nie.

6. Nageslag van Esau,die vyande sal alles soekwat julle weggesteek het,en hulle sal dit kry.

Lees volledige hoofstuk Obadja 1