Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 9:16-23 Bybel vir Almal (ABA)

16. Dit was altyd so, die wolk het die tempel-tent toegemaak en in die nag het dit gelyk soos vuur.

17. Elke maal wanneer die wolk opgegaan het van die tent, dan het die Israeliete verder gegaan. En wanneer die wolk op een plek gaan staan het, dan het die Israeliete hulle tente daar opgeslaan.

18. Die Here het gesê wanneer die Israeliete verder moet gaan en die Here het gesê wanneer hulle die tente moet opslaan. Hulle het in die kamp gebly terwyl die wolk oor die tempel-tent gebly het.

19. Wanneer die wolk ’n lang tyd oor die tempel-tent gebly het, dan het die Israeliete die Here daar gedien en hulle het nie verder gegaan nie.

20. Wanneer die wolk net ’n paar dae oor die tempel-tent gebly het, dan het die Israeliete in die kamp gebly. Hulle het in die kamp gebly wanneer die Here sê hulle moet bly, en hulle het verder gegaan wanneer die Here sê hulle moet gaan.

21. Wanneer die wolk van die aand tot die oggend daar gebly het en dan in die oggend opgegaan het, dan het die Israeliete verder gegaan, dit maak nie saak of dit in die dag of in die nag was nie. Wanneer die wolk opgaan, dan het hulle verder gegaan.

22. Wanneer die wolk twee dae lank of ’n maand lank of baie lank oor die tempel-tent gebly het, dan het hulle daar gebly, en wanneer die wolk opgaan, dan het hulle verder gegaan.

23. Hulle het in die kamp gebly wanneer die Here sê hulle moet, en hulle het verder gegaan wanneer die Here sê hulle moet gaan. Hulle het die Here gedien soos die Here vir Moses gesê het.

Lees volledige hoofstuk Numeri 9