Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 8:23-26 Bybel vir Almal (ABA)

23. Die Here het vir Moses gesê:

24. “Daar is ’n wet, en al die Leviete moet gehoorsaam wees aan die wet. Die wet sê dat elkeen wat 25 jaar oud of ouer is, die werk moet kom doen in die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn,

25. maar almal wat 50 jaar oud of ouer is, moenie meer werk nie.

26. Hulle mag nog die ander Leviete help om die werk te doen, maar hulle moenie self die werk doen nie. Dit is wat jy vir die Leviete moet sê hoe hulle die werk moet doen.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 8