Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 5:8-15 Bybel vir Almal (ABA)

8. As die persoon aan wie hy verkeerd gedoen het, gesterf het, en daar is ook nie iemand wat familie is aan wie hy die boete kan betaal nie, dan moet hy die geld vir die Here gee, en die priester moet dit kry. Maar die persoon wat verkeerd gedoen het, moet ook nog ’n skaap-ram gee. Die skaap-ram moet die offer wees waarmee die priester versoening moet doen vir die persoon.”

9. Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer die Israeliete gewyde presente gee om offers te wees, dan moet die priester daarvan kry.

10. Die gewyde presente wat ’n persoon bring, bly sy eie presente, maar hy moet daarvan vir die priester gee wat die priester moet kry.”

11. Die Here het vir Moses gesê:

12. “Jy moet vir die Israeliete sê: ’n Man se vrou is miskien ontrou aan hom

13. en sy het seks met ’n ander man, maar haar eie man weet nie daarvan nie. Daar is ook nie ’n getuie teen haar nie, en niemand het gesien dat sy dit doen nie.

14. Haar man dink miskien dat sy dit gedoen het en dit is waar, sy het haarself onrein laat word, of haar man dink dat sy dit gedoen het, maar dit is nie waar nie, sy het haarself nie onrein laat word nie.

15. Dan moet die man sy vrou na die priester toe bring. Hy moet ’n offer vir haar saambring, die offer moet een tiende van ’n efa garsmeel wees. Hy moenie olyf-olie op die meel gooi nie en hy moenie wierook daarop sit nie, want dit is ’n koring-offer van ’n man wat dink dat sy vrou ontrou was aan hom. Die offer moet wys of die vrou skuldig is of nie skuldig is nie.

Lees volledige hoofstuk Numeri 5