Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 33:50-56 Bybel vir Almal (ABA)

50. Die Here het met Moses gepraat in die Moab-vlakte, by die Jordaan-rivier oorkant die stad Jerigo. Die Here het vir Moses gesê:

51. “Jy moet met die Israeliete praat en vir hulle sê: Wanneer julle oor die Jordaan-rivier gaan na die land Kanaän,

52. dan moet julle al die mense wegjaag wat in die land woon. Julle moet hulle beelde stukkend slaan, die klip-beelde en die metaal-beelde, en julle moet hulle offer-plekke verwoes.

53. Dan moet julle die land vir julle vat en julle moet daar gaan woon, want Ek het die land vir julle gegee, julle moet dit kry.

54. Julle moet lootjies trek en julle moet die land verdeel tussen julle families. Julle moet vir ’n groot familie ’n groot stuk grond gee en vir ’n kleiner familie ’n kleiner stuk grond. Elke persoon moet die grond kry wat die lootjie sê. Elke stam moet sy eie grond hê.

55. En as julle nie die mense wegjaag wat in die land woon nie, dan sal daardie mense wat julle laat oorbly, vir julle wees soos dorings in julle oë en soos skerp penne in julle heupe. Hulle sal julle laat swaarkry in die land waar julle woon.

56. En dan sal Ek die slegte dinge aan júlle doen wat Ek aan hulle wou doen.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 33