Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 33:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Hier is ’n lys van die plekke waar die Israeliete elke maal gekom het toe hulle uit Egipte gegaan het. Hulle het in groepe gegaan, en Moses en Aäron het hulle gelei.

2. Die Here het gesê Moses moet die name opskryf van die plekke van waar hulle elke maal verder gegaan het, en Moses het dit gedoen. Hier is ’n lys van die plekke:

3. Hulle het op die vyftiende dag van die eerste maand van Raämses verder gegaan. Dit was die oggend ná die Paasfees. Die Here het hulle gelei, en al die Egiptenaars het gestaan en kyk toe hulle weggaan.

4. Die Egiptenaars was toe besig om hulle oudste seuns te begrawe. Die Here het die oudste seuns laat sterf, en Hy het hulle gode gestraf.

5. Die Israeliete het van Raämses verder gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan by Sukkot.

6. Hulle het van Sukkot verder gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan by Etam, langs die woestyn.

7. Van Etam het hulle teruggegaan na Pi-Hagirot, by Baäl-Sefon, en hulle het hulle tente opgeslaan by Migdol.

8. Hulle het verder gegaan van Pi-Hagirot, hulle het deur die see na die woestyn van Etam gegaan en ná drie dae het hulle toe hulle tente opgeslaan by Mara.

Lees volledige hoofstuk Numeri 33