Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 21:5-19 Bybel vir Almal (ABA)

5. en hulle het teen God en Moses gepraat en gekla. Hulle het gesê: “Hoekom het julle ons uit Egipte gebring om in die woestyn te sterf? Want hier is nie kos en water nie, en ons is moeg vir hierdie slegte kos.”

6. Toe het die Here slange gestuur wat vlerke het. Die slange het die mense gepik, en baie Israeliete het gesterf.

7. Die mense het na Moses toe gekom en gesê: “Ons het sonde gedoen, want ons het teen die Here en teen jou gepraat. Jy moet tot die Here bid en jy moet vra dat Hy die slange moet wegneem van ons.”Moses het toe gebid soos die volk gevra het,

8. en die Here het vir hom gesê: “Jy moet ’n slang maak wat vlerke het en jy moet die slang vasmaak aan ’n vlagpaal. As ’n slang iemand gepik het, dan moet daardie persoon na die slang op die paal kyk, en dan sal die persoon nie sterf nie.”

9. Moses het ’n slang van brons gemaak en hy het die slang vasgemaak aan ’n vlagpaal. Wanneer ’n slang iemand gepik het, en die persoon kyk na die slang van brons, dan het hy nie gesterf nie.

10. Die Israeliete het verder gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan by Obot.

11. Hulle het van Obot verder gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan by Ije-Abarim, naby die land Moab, by die oostekant.

12. Hulle het van daar verder gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan in die Sered-vallei.

13. Hulle het van daar verder gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan langs die Arnon-rivier wat uit die Amoriete se land deur die woestyn vloei. Die Arnon-rivier is die grens tussen die land Moab en die land van die Amoriete.

14. Dit is hoekom daar in die Boek van die Oorloë van die Here geskryf is:“By Waheb in Sufa,en by die valleie,by die Arnon-rivier,

15. en by die veld tot onderin die valleie,tot waar die stad Ar is,langs die land Moab.”

16. Die Israeliete het van daar verder gegaan na die put Beër. Die Here het voorheen met Moses van hierdie put gepraat toe Hy gesê het: “Maak die volk bymekaar sodat Ek vir hulle water uit die put kan gee.”

17. Daardie tyd het die Israeliete hierdie lied gesing:“Put, jy moet vol water word,hulle moet vir jou sing.

18. Dit is leiers wat hierdie putgegrawe het,die belangrike mensevan die volkhet jou gegrawemet hulle septersen hulle kieries.”Die Israeliete het uit die woestyn na Mattana gegaan,

19. van Mattana na Nagaliël, van Nagaliël na Bamot,

Lees volledige hoofstuk Numeri 21