Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 21:25-32 Bybel vir Almal (ABA)

25. Die Israeliete het al daardie stede gevat en hulle het in die Amoriete se stede gaan woon, in Gesbon en al die dorpe daar naby.

26. Gesbon was die stad van Sihon, koning van die Amoriete. Hy het oorlog gemaak teen die eerste koning van Moab en hy het sy hele land gevat, tot by die Arnon-rivier.

27. Dit is hoekom hulle hierdie lied sing:“Kom na Gesbon, bou dit,bou die stad van Sihon,

28. want daar het ’n vuuruit Gesbon gekom,’n vlam uit die stadvan koning Sihon.Die vuur het die mensevan die stad Ar-Moabverbrand,die mense aan wiedie hoë plekke bydie Arnon-rivier behoort.

29. Moab, dit sal sleg gaanmet jou.Volk van Kemos,julle sal sterf.Jou seuns vlug,jou dogters is gevangenesvan Sihon, die koningvan die Amoriete.

30. Ons het hulle geskiet.Die mense het gesterfvan die stad Gesbontot by die stad Dibon.Ons het hulle verwoestot by die stad Nofagnaby die stad Medeba.”

31. Die Israeliete het gaan woon in die land van die Amoriete.

32. Moses het spioene na die stad Jaser gestuur, en die Israeliete het die dorpe naby die stad oorwin. Hulle het die Amoriete wat daar was, weggejaag.

Lees volledige hoofstuk Numeri 21