Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 2:1-17 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Moses en Aäron gesê:

2. “Elke stam moet sy tente opslaan by sy vlag, by sy familie-teken. Die Israeliete moet hulle tente opslaan rondom die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.

3-9. “Die vlag van die Juda-kamp moet oos van die tempel-tent staan. Die stamme wat hulle tente daar in groepe moet opslaan, is:“Juda wat 74 600 manne het,hulle leier is Nagsonseun van Amminadab,Issaskar wat 54 400 manne het,hulle leier is Netanelseun van Suar,Sebulon wat 57 400 manne het,hulle leier is Eliabseun van Gelon.“In die Juda-kamp is hulle almal saam 186 400 manne en hulle moet eerste gaan.

10-16. “Die vlag van die Ruben-kamp moet suid van die tempel-tent staan. Die stamme wat hulle tente daar in groepe moet opslaan, is:“Ruben wat 46 500 manne het,hulle leier is Elisurseun van Sedeür,Simeon wat 59 300 manne het,hulle leier is Selumiëlseun van Suri-Saddai,Gad wat 46 650 manne het,hulle leier is Eljasafseun van Reüel.“In die Ruben-kamp is hulle almal saam 125 450 manne en hulle moet tweede gaan.

17. “Daarna moet die Leviete die tent dra, die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die tente van die Leviete is in die middel van die kamp, en elkeen moet gaan wanneer dit sy beurt is, elkeen by sy vlag.

Lees volledige hoofstuk Numeri 2