Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 16:1-2-12 Bybel vir Almal (ABA)

1-2. Korag, Datan, Abiram en On het opstandig geword teen Moses. Korag was die seun van Jishar seun van Kehat seun van Levi, Datan en Abiram was die seuns van Eliab, en On was die seun van Pelet. Hulle was uit die nageslag van Ruben. Saam met hulle was daar 250 manne van Israel, manne wat leiers van die volk was. Die volksvergadering het hulle voorheen gekies, en almal het hulle geken.

3. Hulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en vir hulle gesê: “Julle wil alles self doen. Almal in die volk is gewyd, en die Here is by hulle. Hoekom wil julle regeer oor die volk van die Here?”

4. Toe Moses dit hoor, het hy gaan lê met sy gesig teen die grond.

5. Hy sê toe vir Korag en al sy vriende: “Die Here sal môre wys wie aan Hom behoort en gewyd is. Hy sal wys vir wie Hy gekies het om vir Hom offers te bring.

6. Korag, jy en al jou vriende, dit is wat julle moet doen: Julle moet panne neem,

7. en julle moet kole in die panne sit. Dan moet julle wierook bo-op die kole sit en julle moet die panne na die altaar bring. Julle moet dit môre doen. Die Here sal self kies wie gewyd is. Leviete, julle moenie alles self wil doen nie.”

8. Moses het vir Korag en sy vriende gesê: “Leviete, luister na wat ek sê:

9. Die God van Israel het vir julle uit die volk Israel geneem om naby Hom te kom. Julle moet die werk in die tempel-tent van die Here doen, julle moet dit doen vir die volk. Wat wil julle nog meer hê?

10. Korag, die Here het jou en al die ander Leviete saam met jou naby Hom laat kom. Wil julle nou ook priesters wees?

11. Julle moet dit weet, jy en al jou vriende is opstandig teen die Here self. Hoekom beskuldig julle nou vir Aäron?”

12. Moses het toe vir Korag en vir Datan en Abiram, seuns van Eliab, laat roep, maar hulle het gesê: “Ons sal nie kom nie.

Lees volledige hoofstuk Numeri 16